Editor's choiceLocal newsLocal sportNewsSchool sportSchoolsSport

Die beste skut-familie in die land?

Skuifskiet kampioene van die dorp vertel hoe die lewe van 'n familie wat almal saam skiet, is.

Om saam met sy hele familie te skiet, is seker enige man se droom.

Jannie Hesselink is so gelukkig. Hy en sy familie is almal gemaklik en vol selfvertroue as dit by skuifskiet kom, daarom vaar hulle so goed op nasionale vlak.

Die Hesselink familie het baie goed gevaar by die Suid-Afrikaanse Sport- en Jagfederasie se nasionale kampioenskappe aan die begin van Augustus.

Jannie, wat ook as visie-president van die federasie optree en op die Gauteng bestuur sit, het vyfde geplaas onder die mansafdeling. Sy vrou, Sunette, het derde geplaas en sy dogter, Marni, het tweede gekom by haar ouderdomsafdeling. Seun Jano het eerste geplaas onder die o/19 afdeling. Al vier het onder die liggeweer-afdeling geskiet.

Marni skiet al vandat sy nege jaar oud is.
Marni skiet al vandat sy nege jaar oud is.

“Ek het dit nie verwag nie. Maar hy het net sy oorfone aangesit en toe die wenskote geskiet,” het Jannie vertel.

Jano en Marni Hesselink skiet graag saam hul ouers oor die naweek.
Jano en Marni Hesselink skiet graag saam hul ouers oor die naweek.

Jano (Graad 9) en sy sussie, wat in matriek is, is leerlinge by Hoërskool Noordheuwel en het onlangs eers begin skiet.

Die Hesselinks gebruik skuifskiet as familietyd. Dit is iets wat hulle almal in gemeen het.

Jannie vertel om te kan skiet verg baie konsentrasie en geduld. Jy moet jou lyf ‘n sekere manier draai om die geweer so stabiel as moontlik te hou.

By kompetisies kry elke skut 20 patrone wat deur vier teikens geskiet moet word.

Vir die laaste ses jaar kwalifiseer al vier Hesselinks vir die nasionale kampioenskappe.

“Dit is wanneer jy nou begin benoud raak. Die nasionale kampioenskappe kan baie kompiterend wees,” sê Sunette.

En wat dink Jannie en sy vrou van gewere in hul huis?

“As jy in ‘n gevaarlike situasie is, moet jy kan weet hoe om ‘n wapen te hanteer. Ons kinders het grootgeword met groot respek vir gewere en sal, in ‘n noodgeval, weet hoe om hulself te kan beskerm,” het Jannie, trotse pa en man van sy skuifskiet-familie, vertel.

Verwante artikels:

Boogskietklub mik hoog

Wes-Rander wen brons by taai boogskiet-wêreldkampioenskap

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button