Editor's choiceLocal newsNewsSchool sportSchoolsSport

Hokkievaardighede in ‘n goeie gees geleer

Dit gaan nie altyd oor wen nie, maar liewer die gees.

‘n Groep hokkiebokkies van Noordskool het die trofee vir die span met die beste gees by ‘n onlangse toernooi gewen.

Laerskool Krugersdorp-Noord se hokkiemeisies het op 22 Augustus aan die Khosa Mini Hokkie Skole Rondomtalie Toernooi deelgeneem en dit vreeslik geniet.

Sowat 42 meisies van die onder 9-, 10- en 11-hokkiespan wat spelers van Graad 1 tot 3 insluit, het deel gevorm van die span wat die geesbeker huis toe geneem het.

“Dit gaan nie altyd oor wen nie, maar eerder om elke wedstryd te geniet en vaardighede te ontwikkel,” het Chanèl van Dyk, onder 10-afrigter gesê.

Wat vir die onder 9-afrigter Christien du Buisson uitgestaan het, is dat die B-span ook die geleentheid gehad het om hul vaardighede tydens die toernooi te toon.

“Dit was vir my wonderlik om te sien hoe my span se vaardighede oor die seisoen ontwikkel het,” het Tessa Mckie, onder 11B-afrigter, gesê.

Laerskool Krugersdorp-Noord bedank Khosa Sportklub vir ‘n baie suksesvolle dag wat bygedra het tot die bevordering van laerskolehokkie.

Verwante artikels: 

• Nories het gehalte sportsterre

• [VIDEO] Inspirerende ster verras Nories se hoofleiers.

• New York hier kom die Nories

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button