WEN: Bokkoors neem land oor
Hierdie album is vol musiek wat sal aanklank vind by enige rugbyondersteuner.

Met die Rugby Wêreldbekertoernooi net om die draai, loop Bokkoors hoog!
Ons almal droom van een span wat die beker huis toe sal bring! Van ons land se voorste sangers het saamgespan om hul eensgesindheid en ondersteuning deur musiek aan die Bokke te bewys. Sangers soos Kurt Darren, Gerhard Steyn, Nicholis Louw, Pieter Koen, Adam en Beeskraal het almal bygedra om die nasie tydens die Wêreldbekertoernooi te verenig.
Hierdie album is vol musiek wat sal aanklank vind by enige rugbyondersteuner, hetsy om ‘n braaivleisvuur, op die pawiljoen of vasgenael voor die televisie.
Al die liedjies op die album is daarop gemik om ons as Suid-Afrikaners weer in die regte gees te kry om ons span te ondersteun en ons droom te laat waar word.
BOK KOORS bestaan uit 21 Springbok Rugby-treffers waarvan 15 splinternuut is en groot aanklank by luisteraars gaan vind.
Wen wen wen
Die News tesame met Starburst Promosies gee vir lesers die geleentheid om hul eie BOK KOORS-CD te wen. Vul gerus die inskryfvorm hieronder in en beantwoord die vraag om een van vyf CDs te probeer wen. Wenners sal telefonies in kennis gestel word.
