Wen ‘n ‘Hollywood in my Huis’ DVD
'Hollywood in my Huis' is ’n romantiese komedie oor volwassewording, wat hom teen die agtergrond van ’n matriekafskeid in 2004 in Suid-Afrika afspeel.

Hollywood in my Huis het gedurende 2014 drie toekennings by die kykNET Silwerskermfees ingepalm en het op 26 Junie vanjaar in fliekteaters landwyd geopen. Die fliek is uit alle oorde deur resensente geloof en onder andere beskryf as een van die beste Afrikaanse romantiese komedies in ‘n lang tyd wat die meeste slaggate misgetrap het, en gewaag het om te doen wat ander te bang was om te doen.
Hollywood in my Huis is ’n romantiese komedie oor volwassewording, wat hom teen die agtergrond van ’n matriekafskeid in 2004 in Suid-Afrika afspeel. Die storie fokus op ’n gewone tienermeisie – Jana van Tonder (Christia Visser) – wat in ’n arm spoorwegbuurt saam met haar disfunksionele ouers woon.
Toe sy egter op televisie sien hoe Charlize Theron haar ikoniese Oscar-beeldjie wen, inspireer dit Jana om haar matriekafskeid wat voor die deur is in haar eie Hollywood-rooitapytoomblik te omskep.
Jana, haar ouers (Nicola Hanekom en Louw Venter) en haar beste vriend, Frikkie (Edwin van der Walt) woon almal aan die verkeerde kant van die spoorlyn. Jana se pa is werkloos en haar ma het haar eie skoonheidsalon wat sy uit ’n karavaan in die voortuin bedryf. Die volwassenes se drome is reeds aan skerwe, maar Jana se drome styg ver bo haar beskeie omstandighede uit. Dit gaan oor twee wêrelde – die mense aan die verkeerde kant van die spoorlyn en hulle ryk teenpole – maar dit gaan ook oor die fantasiewêreld waarin Jana leef.
Hoewel Hollywood in my Huis ’n lighartige en prettige gesinrolprent is, het die uitdaging van die storie daarin gelê om ’n balans tussen die ligter en donkerder elemente te handhaaf.
“Die jong, belowende regisseur Corne van Rooyen slaag loshande daarin om die Afrikaanse romantiese komedie te herontwerp, al die stereotipes nek om te draai, en spel uit sy akteurs te kry wat ‘n mens trots maak om na ‘n Afrikaanse rolprent te kry,” het Leon van Nierop gesê.
Wen wen wen
Die News en Starburst Promosies bied ‘n opwindende leserskompetisie aan.
Vyf lesers kan elk ‘n Hollywood in my Huis DVD wen deur die volgende vraag te antwoord: Wie speel die rol van Jana se beste vriend, Frikkie?
Vul jou besonderhede op die inskryfvorm hieronder in. Wenners sal telefonies in kennis gestel word.
