‘n Monumentale seksskandaal
Leerlinge word glo oor die kole gehaal na seksuele wangedrag in die seunskoshuis.

Ouers was stomgeslaan toe gerugte van minderjariges se sekskapades op sosiale media opgeduik het.
‘n Anonieme inbeller, wat slegs as ‘n besorgde ouer geïdentifiseer wil word, het die News vertel van ‘n insident wat soos ‘n orgie geklink het en waarby leerlinge betrokke was.
Volgens gerugte het ‘n groepie meisies glo by die seunskoshuis ingeglip en ‘n “diens” aan die seuns gelewer totdat die koshuisvader hulle op heterdaad betrap het.
Volgens ‘n betroubare bron is die gerugte van drankmisbruik onwaar. Daar was glo net drie dogters en een seun betrokke.
‘n Noodvergadering is Dindsdagaand by die skool gehou waartydens die betrokke leerlinge, hul ouers en polisie teenwoordig was.
Christo Swart, voorsitter van Hoërskool Monument se beheerliggaam, het die volgende verklaring aan die News uitgereik: “Die beheerliggaam van Monnas bevestig dat ‘n voorval van wangedrag, wat na bewering na-ure in die koshuis plaasgevind het, tans ondersoek word. Die aangeleentheid is verwys na die dissiplinêre komitee van die beheerliggaam vir dringende ondersoek en optrede. Minderjariges is betrokke en daar kan dus nie verdere detail verskaf word nie. Die skool was in kontak met ‘n spesialiseenheid van die SAPD vir leiding in hierdie verband.”
Soortgelyke artikels:
•Quickie: Burglars in and out of sex shop
•Sex, drugs and alcohol at shopping mall
•[PHOTOS] Monnas not just about rugby – they paint too
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
ENGLISH:
