Werkservaring, ook in Afrikaans, is goud werd
eNuus en Akademia het die Elite-beursprogram in Krugersdorp bekendgestel en die voordele van werksondervinding en moerdertaal-onderrig beklemtoon.
Aspirante studente kan uitsien na ‘n nuwe studiesentrum in Krugersdorp volgende jaar saam met beursgeleenthede van meer as R1,25 miljoen.
Vyf Afrikaanse beursprogramme, ter waarde van R250 000 elk, is onlangs by Hoërskool Noordheuwel aan die matriekulante bekendgestel. Die beursprogram is daarop gemik om studente blootstelling oor die beroepsomgewing te gee terwyl hulle na-uurs hul B.Com graad in Ondernemingsbestuur by Akademia Studiesentrum, studeer.
Hierdie graad, wat in Afrikaans aangebied word, mik daarop om Afrikaans-sprekende studente te geleentheid te gee om in hul moedertaal te kan studeer.

Volgens Michelle Olivier van Solidariteit Tydskrif, het Akademia in 2012 tot stand gekom om die gebrekkige toeganklikheid tot universiteitswese in Afrikaans te oorkom.
“Te danke aan ‘n groot skenking het Akademia en eNuus, die Afrikaanse nuuskanaal op kykNET, saamgespan om nou vir die tweede jaar aan vyf studente die geleentheid te gee om hul graad in B.Com. Ondernemingsbestuur na-uurs te verwerf,” het Michelle gesê.
Die program is dus ‘n uitweg vir presteerende studente wat werksondervinding wil opdoen sowel as akademies presteer én in Afrikaans studeer.
Volgens Andries Cornelissen, nuusredakteur van eNuus, het baie maatskappye in vandag se gejaagde tye min tyd om onervare persone op te lei, en verkies daarom om kandidate met ervaring in die werksgebied aan te stel.
“Ons gaan nie wag vir die staat om iets te doen nie, ons neem self die inisiatief om moedertaaalonderrig te bevorder,” het Andries gesê.
Marthinus Visser, die Besturende Direkteur van Akademia, glo dat moerdertaal-onderrig ‘n positiewe voordeel vir studente inhou.
“Wêreldwyd bewys lande soos Duitsland, Japan en Frankryk dat die opleiding van studente in hul moedertaal wêreldbekende leiers oplewer.”
Na die bekendstelling, het matriekulante soos Chandler Reineke wat binnekort groot lewensbesluite moet neem, verduidelik waarom hulle steeds Engelse onderrig as belangrik ag.
“Ek sal in Afrikaans wil swot, maar die wêreld praat Engels. Afrikaans-onderrig het sy goeie en slegte punte.”
Jy kan nou op Akademia se webtuiste aansoek doen vir die Elite-beursprogram.
Verwante artikels:
• Talentweek-wenner wys jou hoe om te ‘moonwalk’

