Jong model vat Platinum Prime-kroon
'n Nege-jarige modelletjie het onlangs die Platinum Prime kroon by die Toddler and Tween of the World 2015 modelkompetisie verwerf.
Sy is net nege jaar oud, maar sy pronk op die loopplank soos ’n gesoute model.
Chante Joubert, ’n Graad 3-leerling by Alma Mater Akademie en model by Oxygen Models het by die Toddler & Tween of the World 2015 modelkompetisie die Platinum Prime-kroon in haar ouderdomskategorie gevat.
Die kompetisie wat verlede Saterdag in Klerksdorp plaasgevind het, leer jong modelle om aan verskeie roetines deel te neem en liefdadigheidswerk te doen.
Elke model moes in informele drag, asook formele drag op die loopplank loop. Die modelletjies het ook in ’n onderhoud met die beoordelaars gespog met hul talente en harde werk. Hulle was betrokke by liefdadigheidswerk soos kosinsamelings vir Feed a Child en moes selfs ’n Kersfees-skoenboksgeskenk opmaak vir minderbevoorregtes.
“Die publiek kon ook vir hul gunsteling model stem,” het Edna Walker, Alma Mater se mediaskakelbeampte vertel.
“Dit was ’n straf kompetisie, maar Chante se harde werk oor die laaste vyf maande was beloon.”
Chante is ook ’n finalis vir die Mini Mej Suid-Afrika kompetisie wat in Oktober plaasvind.
Verwante artikels:
• Girl (4) asked to flirt with camera in model scam
