Wêreldkampioen sluit aan by Monnas
Hoërskool Monument verwelkom 'n internasionale atleet by hulle sportfamilie.
Hoërskool Monument is trots om aan te kondig dat Sunette Viljoen as afrigter by die skool sal aansluit.
Sunette het onlangs by die Wêreld Atletiek Kampioenskappe in Beijing ’n brons medalje vir spiesgooi verwerf.
Sy het as die wêreld se voorste spiesgooier aangesluit met die beste gooi van 66 meter.
Die skool pronk nadat die atleet op 15 September as afrigter vir spiesgooi en kondisionering aangesluit het.
“Hoërskool Monument is baie bevoorreg om ’n afrigter van haar kaliber as deel van ons afrigtingspan te verwelkom,” het Eben Vermaas, Hoërskool Monument se bemarkingskakel gesê.
Sunette sluit aan by ’n uitgelese groep nasionale afrigters wat Pierre Blignaut (worpe), Johan Furstenburg (nalope en hekkies), Owen en Maryna van Niekerk (spronge) insluit.
Die skool wil graag opkomende en belowende laerskool spiesgooi-atlete uitnooi om by hulle aan te sluit om te kom oefen.
“Ons is bevoorreg om haar hier te hê omdat sy enige plek in die wêreld kon afrig maar het Hoërskool Monument gekies.”
Soortgelyke artikels:
•Monnas Idols vat vlam op die verhoog
•[PHOTOS] Monnas not just about rugby
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
