Editor's choiceLocal newsNewsSchool sportSchoolsSport

Bastion rugby haal Coke-span na groot wen

Hoërskool Bastion wen die Coke-reeks en talle van hul spelers word gekies om in die Coke-span te speel.

Bastion het met hul rugby-talent gespog by die onlangse Rugby Coke-toernooi.

Hoërskool Bastion se o/15 rugbyspan het in die eindstryd van die Coke-reeks by die Roodepoort Rugbyklub met 26-0 teen Queens High School geseëvier om die title in te palm.

Brendon McLean is as die speler van die wedstryd aangewys, terwyl Riaan de Jager as die agterlynspeler van die toernooi aangewys is.

Lees ook:

Rugbygeeste besoek dorp

Bastion descends on Ellis Park in nail-biting game

Bonop díe prestatsies is Morné Swanepoel as die voorspeler van die toernooi aangewys.

“Na afloop van die toernooi is daar in elke ouderdomsgroep ‘n Coke-span saamgestel uit al die spanne wat aan die toernooi deelgeneem het,” het Bastion se skakelbeampte, Melitta Geyser, vertel.

Sewe van Bastion se o/15 spelers en twee van die o/17 spelers is in die onderskeie Coke-spanne opgeneem.

Die o/15 gekose spelers is soos volg: JC Combrink, Brendon McLean, Arno van Zyl, Morné Swanepoel, Keagan du Plessis, Riaan de Jager en Jaco Booyens.

Die o/17’s is Ethan Martens en Juandré van Biljon.

Bastion se o/15-afrigter, David Gouws, is boonop nog as die afrigter van die o/15 Coke-span aangewys.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button