Bastion se trots op diverse gebied
Hoërskool Bastion is trots op hul danser, gimnas en hengelaar wat in hul individuele velde presteer.
Hoërskool Bastion se leerlinge blink ook op diverse aktiwiteite soos hengel, dans en gimnastiek uit.
Twee van die skool se jong dansers is pas ingesluit in ‘n span wat gedurende Oktober na Italië toer waar hulle aan die HipHop Wêreldkampioenskappe gaan deelneem. Hulle is Jaen-Mirié Blumenthal en Janika Nel.
Beide dansers het ook gedurende die afgelope paar maande elkeen met ‘n paar medaljes weggestap by die Pretoria Uitvoerende Kunste Kampioenskappe, Wesrand-Kampioenskappe en die Gauteng-Kampioenskappe.
Nog ‘n jongdame wat al oor en oor gewys het wat in haar steek is Rhodé Ackerman. Rhodé is ‘n o/15 gimnas wat in die o/18 ouderdomsgroep deelneem.

“Ten spyte van die ouderdomsverskil, presteer sy uitstekend en word sy ook elke keer met ‘n paar medaljes beloon,” het Melitta Geyser, die skool se skakelbeampte, gesê.
Sy het by die vorige kompetisie ‘n algehele eerste plek behaal en ook gekwalifiseer om aan die Sentraal-Gauteng Kampioenskappe deel te neem.
In nog diverse nuus, neem Dylan Jacobs deel aan ‘n aktiwiteit wat na ontspanning lyk.

Gesels jy egter met hom, vind jy uit dat dit nie heeltemal so eenvoudig is nie.
Dylan is ‘n oewerhengelaar wat sy plek in die o/19A Gauteng-Oewerhengelspan, sowel as die SA-Hengelspan, verseker het met die grotes wat hy uittrek.
Verwante artikels:
• [VIDEO] Bastion verwelkom ‘n nuwe hoof
• Bastion descends on Ellis Park in nail-biting game
• Oud-Bastionner kook sy pad oop
