Local newsNewsSchool sportSport

Quins wen Goue Leeus

Die Wes-Rand Harlequins Rugbyklub se o.20-span het die Goue Leeus-toernooi gewen.

Die Wes-Rand Harlequins Rugbyklub se o.20-span het die Goue Leeus Rugby Unie-toernooi gewen nadat hulle skoonskip gemaak het.

In September het die span 36-15 teen Wes Wits Rugbyklub gewen. Die derdespan het teen Simmer Rugbyklub 10-22 verloor, die tweedespan het 8-31 teen Khosa Rugbyklub verloor, maar die eerstespan het weer 37-20 teen Wes Wits Rugbyklub gewen.

Na die eerste drie gedruk is, skop Quins vir die pale.
Na die eerste drie gedruk is, skop Quins vir die pale.

Die toernooi het by die Diggers Rugby Football Klub in Randburg tot ’n einde gekom waar verskillende top klubs teen mekaar gespeel het vir die Goue Leeus-beker.

Harlequins se o.20-span het die Diggers-span 22-10 in die finaal gewen.

Verwante artikels:

Vier Quins-spanne op pad na Golden Lions semifinaal

‘Die bokke gaan wen!’

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button