Local newsMunicipalNews

‘Fietswedrenne ’n gevaar op paaie’ – VF+

Volgens die VF+ raadslid is fietswedrenne 'n gevaar vir die fietsryers en motoriste.

’n Fietswedren wat voorverlede Sondag (27 September) aan die buitewyke van Krugersdorp gehou is, het vir groot chaos op hierdie besige paaie gesorg, het Amanda de Lange, Vryheidsfront Plus-raadslid vir Krugersdorp gesê.

“Behalwe dat ons op die N14 op pad terug Krugersdorp toe self daarin beland het, stroom die klagtes van woedende padverbruikers in,” het sy gesê.

De Lange meen dit is onverstaanbaar waarom organiseerders van so groot fietswedren dit juis op hierdie besige, smal paaie hou waar padverbruikers se lewens in gevaar gestel word deur honderde fietsryers wat plek-plek tot vier langs mekaar en in bondels ry.

“Die hele Kromdraai-area tot by Lanseria is jare terug vir miljoene rande opgegradeer met ’n spesiale baan vir fietsryers met die oog op hul veiligheid. Organiseerders en owerhede wat willens en wetens wedrenne op hierdie gevaarlike, smal paaie hou moet verantwoordelikheid neem vir mense se lewens wat op die wyse in gevaar gestel word,” meen sy.

Volgens De Lange stroom klagtes al vir ’n geruime tyd in van Hekpoort-inwoners en padverbruikers wat naweke die R563 en R560 probeer vermy as gevolg van fietsryers op dié paaie.

Amanda de Lange, Vryheidsfront Plus raadslid.
Amanda de Lange, Vryheidsfront Plus raadslid.

Volgens haar het hulle self die Sondag in die fietswedren beland toe hulle met die N14 teruggekom het van Potchefstroom af.

“Die smal pad van die Carletonville-kruising af is oral aan die kante uitgebreek of gelas met nuwe teer wat diep gate gevorm het soos dit deur swaar verkeer en trokke uitgery is. As daar dan nog fietsryers is wat in bondels langs mekaar ry kan motors en trokke nie by hulle verbykom nie,” verduidelik De Lange.

Die spesifieke deel van die N14 van die Carletonville-kruising af na Krugersdorp, sowel as die R560 van Hekpoort na Skeerpoort, is na bewering ongeveer 45cm smaller aan beide kante as die standaard 123/1 reserwe wydte vir die tipe provinsiale paaie van Gautrans, voeg De Lange by.

Dome2Dome het die fietswedren georganiseer, maar wou geen kommentaar te gee nie.

Verwante artikels:

N14 delays a massive headache

Kollege kos studente hul toekoms

[VIDEO] Cyclists braved the cold and wet during race

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button