[PHOTOS] Bastion se kunstenaars spog by uitstalling
Hoërskool Bastion se kunstenaars het met hul kreatiwiteit gespog by hul onlangse kunsuitstalling.
Hoërskool Bastion se senior kunstenaars het die skoolsaal versier tydens hul jaarlikse kunsuitstalling en kykers aan die staar gehad.
Van oorspronklike ontwerpe tot minihoutbrûe en waterverf op doek – Bastion het beslis uitgeblink met hul kreatiewe talente.
Bernadine Ross, nasionale kunsmoderator en hoof van die kunsdepartement by die skool, gee beide Visuele Kuns en Ontwerp vir Bastion se kreatiewes. Graad 10- tot matriekleerlinge het elkeen hul beste werke uitgestal vir die ouers en vriende wat dit kom aanskou het.
“Ek voel werklik soos myself wanneer ek iets maak. Ek hou daarvan om met my hande te werk,” vertel Tuanita Saayman, Graad 11 Ontwerp-leerling terwyl sy voor haar handgemaakte lamp staan.

Bastion se hoofseun en matriekkunsleerling, Heinrich van der Schyff vertel alhoewel hy Rekeningkunde gaan swot, sal hy nooit ophou verf nie.
“Dit sal altyd ‘n stokperdjie wees,” sê hy.
Heinrich, saam met sy klasmaats, het sy kunswerke met trots uitgestal en vertel wat die betekenis agter elkeen is.
“Ek verf baie selfportrette,” vertel hy.
Elkeen van sy selfportrette het hy van ’n foto afgeteken, maar dan las hy ook unieke elemente soos waterverf en potlood sketse, by die finale produk.

Die kunsuitstalling het op 29 September plaasgevind van 2nm tot 6nm en het elke leerling, ouer en onderwyser baie trots gehad.
Vir meer foto’s van die uitstalling en die kunsweke, kliek hier.
Verwante artikels:
• VIDEO: Verfkwaste vertel unieke stories
• KHS showcases talented young artists
• Bastion se trots op diverse gebied
