Local newsNews

Oomblik voor botsing verewig vasgevang

Die Krugersdorp Kameraklub se foto van die maand beeld 'n splitsekonde gebeurtenis in 'n wenfoto uit.

Wil jy op ‘n ander plek wees? Hierdie foto’s kan jou nou soontoe vat.

Van wenner Eddie Reynecke se Moment Before Impact-foto waar twee motorfietsryers die oomblik voordat hulle in mekaar vas slaan afgeneem is, tot Mary Ann Sutton se stillewe-foto van ‘n jong dogtertjie, Krugersdorp se Kameraklub spog met heelwat talent. En hulle kan jou beslis in ‘n oomblik vasvang.

Elke maand skryf die klub se lede hul beste foto’s in, met die hoop om ‘n goue-standaard toekenning vir hulle werk te verwerf.

Glenys Dempers se Colour Run.
Glenys Dempers se Colour Run.

Uit die 130 inskrywings het die Junior afdeling wenner, Kagisho Molaba, voorgeloop met sy foto Amazing Grace en die Senior afdeling is gewen deur Eddie Reyneke met sy motorfiets foto.

Eddie is tans die enigste fotograaf wat gegradeer is met ‘n Meesters-platinum vir sy fotografie.

“Om die Meesters-platinum gradering te kon verwerf moes Eddie ten minste 375 Goue toekennings vir sy foto’s tydens die klubaande verwerf,” vertel klublid Braam de Klerk.

Hy moes ook ten minste 145 Nasionale Salon aannames vir sy foto’s gekry het.

Mary Ann Sutton se Mama Africa
Mary Ann Sutton se Mama Africa

Eddie het ook met sy toegelate vier inskrywings ‘n goue toekenning vir elk behaal.

“Dit is baie skaars om vier goue toekennings per maand te verwerf,” sê Braam.

Die Krugersdorp Kameraklub, wat ook aan die Fotografiese Gemeenskap van Suid-Afrika behoort en wat vanjaar die Glennie Internasioanle Natuurfoto’s Interklub Salon gewen het, gaan vir Eddie sy Ere-lidmaatskap aanbied by die klub se volgende byeenkoms.

Die klub ontmoet een keer ‘n maand by die Golden Age Village saal in Headingstraat, Luipaardsvlei.

Lees gerus nog hier:

• Beauty through a camera lens

• Klub se pragtige wenfoto’s

Jeroen Luyk se Visvang.
Jeroen Luyk se Visvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button