Editor's choiceMunicipalNews

Inwoner ongelukkig oor slordige werk

Munisipaliteit laat inwoner se bloed kook.

Slordige werk wat deur munisipale kontrakteurs agter gelaat is, laat die bloed van ‘n Krugersdorp-Wes inwoner kook.

Petrus van Tonder is raadop na talle probeerslae om die munisipaliteit te oortuig om die werk te kom regstel.

Van Tonder meen dat hy sedert Augustus probeer om ‘n antwoord uit die munisipaliteit te kry, maar het nog geen terugvoer ontvang nie.

In Augustus het die munisipaliteit beloof om die saak te ondersoek. Hy het vir ‘n tweede keer kontak gemaak, in September, maar met nog minder resultate.

“Hulle het gesê dat hulle terug sal kom om die sypaadjies weer reg en netjies te maak, maar kyk net hoe lyk dit.”

Die sypaadjies was vroeër vanjaar tydens die installering van nuwe watermeters in die area oopgekap.

Een van sy bekommernisse is dat iemand oor die ongelyke en onnetjiese sypaadjies sal val en lelik seer kry.

“My bejaarde ma woon onder in die straat en stap graag met haar hond na ons toe om te kom kuier. Ek is besorg oor die moontlikheid dat iemand kan seer kry.”

Van Tonder voel die munisipaliteit ignoreer sy versoek omdat die klagte vanaf ‘n Krugersdorp-Wes inwoner kom.

Hy glo dat die gebied se waarde besig is om op te styg en dat dié sypaadjies ‘n oogseer vir die buurt is.

Die News het die munisipaliteit gekontak vir kommentaar raakende die sypaadjies, maar ook sonder enige sukses.

Verwante artikels:

• Nuwe infrastruktuur vir Krugersdorp-Wes

• Oop gate op sypaadjies

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button