Wiskunde is sy kos
Hierdie slimkop sê Wiskunde is so maklik soos een, twee, drie.
Optel, aftrek, deel en maal is hierdie Wiskunde boffin se kos.
Shermann van der Merwe is ‘n Graad 7 leerling van Laerskool Krugersdorp-Noord wat reeds aan verskeie Wiskunde olimpiades deelgeneem het met groot sukses.
Hy het onder andere die jaar aan die Wiskunde-in-Aksie vir Graad 6 en 7 deelgeneem wat deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, in samewerking met Suid-Afrikaanse Onderwyserunie (SAOU), aangebied is.
Shermann was geidentifiseer as een van die top 30 presteerders in die streek en was na ‘n Wiskunde-Pretdag by die Universiteit van Johannesburg genooi.
Die skool is verskriklik trots op sy prestasies met syfers.
Verwante artikels:
• Hokkievaardighede in ‘n goeie gees geleer
