Schools

740 manne sorg vir onvergeetlike Kennies-Manneaand

Die manne het saam met Robbie Wessels feesgevier tydens Laerskool Kenmare se suksesvolle Manne-Aand.

Honderde manne van regoor die dorp het op 30 Oktober by Laerskool Kenmare se Manne-Aand saamgetrek, met sowat 740 mans wat die geleentheid bygewoon het.

Volgens Kennies se woordvoerder, Peter du Toit, was dit ’n besonder suksesvolle aand.

Robbie Wessels het die manne behoorlik vermaak. Foto: Heinrich Greyling

Robbie Wessels het die manne met sy musiek vermaak en vir ’n uitstekende atmosfeer gesorg. Die gaste is bederf met heerlike os-, skaap- en varkvleis wat op die kole gaargemaak is. Daar was ook ’n veiling waartydens die manne ruim bygedra en hul ondersteuning aan die skool getoon het.

Dempsey en Fanie de Bruin.

“Robbie was beslis een van die groot hoogtepunte, maar die ongelooflike gees en samehorigheid onder die manne het net so sterk uitgestaan. Ons het talle komplimente oor die kos ontvang, en dit was besonders om te sien hoe manne selfs kos huis toe geneem het,” vertel Peter.

“Dit is vir ons ongelooflik belangrik om geleenthede soos hierdie aan te bied. Dit bring ons gemeenskap bymekaar en skep uitstekende netwerkgeleenthede waar mense nuwe verhoudings kan bou en bestaande bande kan versterk. Dit bied ons ook die geleentheid om fondse in te samel wat ons direk tot voordeel van ons kinders kan aanwend.”

Jan Jordaan, Marco Gouws en Jason Coetzee. Photo: Heinrich Greyling

Hy sê dit was besonders om te sien hoeveel plaaslike skole die geleentheid ondersteun het.

“Dit wys weereens hoe sterk ons gemeenskap is wanneer ons saamstaan. Dit is altyd lekker om te sien hoe ons mekaar kan ondersteun, saamwerk en op verskillende maniere iets aan mekaar kan teruggee.”

Volgens Du Toit was die gees deur die loop van die aand ongelooflik.

Jacques van der Merwe, Marcel Kotze saam Jayden en Stéphan van der Merwe. Photo: Heinrich Greyling

“’n Mens kan amper nie indink hoe dit voel om 740 manne soos een man saam met Robbie te hoor sing nie. Dit was werklik ’n hoendervleismooi oomblik en iets wat ons nog lank sal onthou,” voeg hy by.

Peter sluit af deur te sê dat dit sonder twyfel ’n onvergeetlike aand en die beste Manne-Aand was wat die skool nog aangebied het. Die ondersteuning, gees en positiewe gesindheid van almal wat betrokke was, het tot die reuse sukses bygedra.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button