Oud-Krugersdorper binnekort op die grootskerm
Jy kan na haar luister op 30 Oktober, wanneer die fliek begin draai.
Jy kan binnekort ‘n oud-Monumentaar op die silwerskerm gewaar in ‘n internasionale animasiefilm, Die Sneeukoningin.
Riana Wilkens, wat aan een van die animasiekarakters haar stem leen, het te Laerskool Krugersdorp-Noord, Monument Primary en Hoërskool Monument haar skoolloopbaan voltooi.
Riana is reeds ‘n beroemde Suid-Afrikanse aktrise wat in Wolwedans in die skemer in 2012 as Diana en in Agter Elke Man as Tersia Hofmeyer, gespeel het.
Vanjaar wys sy weer haar talent in Die Sneeukoningin,‘n internasionale animasiefliek wat vir die eerste keer in Suid-Afrika vrygestel word.
Dit is gebasseer op die oorspronklike, klassieke feëverhaal deur Hans Christian Andersen, wat in 1845 vir die eerste keer gepubliseer is en handel oor ‘n dogtertjie en seuntjie, Gerda en haar broer Kai, wat die stryd tussen goed en kwaad aansê.
“Die Sneeukoningin wil graag ‘n nuwe wêreld skep waar dit altyd winter is en waar die ysige Poolse winde die mense se siele afkoel en die skoon, koue lyne van die winterlandskap, mense se emosies onderdruk. Sy het die wêreld met ys bedek en beplan nou om alle kuns te vernietig,” het Alishia van Deventer van Starbust Promosies, wat die bemakring vir die fliek doen, in ‘n persverklaring gesê.
Riana vertolk die rol van Sjamaan, ‘n howeling in die koninkryk.
Ander bekendes soos Cobus Visser, Pierre Breytenbach, Rina Nienaber en André Stolz vertolk ook rolle in die animasie.
Die fliek begin 30 Oktober in fliekteaters landwyd draai.
Kyk gerus hierna:
• Krugersdorp se Ruan in nuwe film te sien
• Local actress Representing Krugersdorp at Mrs SA
