Swembad heropen – net as reën kom
Die Krugersdorp-Wes munisipale swembad maak binnekort weer oop, maar waar gaan die water vandaan kom?
Onthou jy nog toe jy net R1 moes betaal om heel middag by die Krugersdorp-Wes publieke swembad te gaan baljaar?
Baie van Krugersdorp se jeug mag dit dalk nie onthou nie, want die munisipale swembad is al vir jare toe.
Die swembad word verwag om voor die einde van die jaar volledig opgeknap te wees, maar Demokraties Alliansie raadslid Matthys van Tonder is bekommerd oor wanneer die deure vir die publiek weer sal oopgaan.
“Ons moet die swembad nog met water vul. Ongelukkig word water nou op ander plekke in die land vereis,” sê hy.
Die News het onlangs berig oor ‘n 6000 hektar veldbrand in Kromdraai waar die brandweerdienste minimal kon help. Lees die berig hier.
Die huidige droogte wat Suid-Afrika getref het, het verskeie gebiede al as rampgebiede verklaar en waterbeperkings is al in verskeie dele van Gauteng geïmplimenteer.
Sover is die aantrekhokkies, strorte en badkamergeriewe opgegradeer en lyk byna soos ‘n swembad vanuit 1920. Die pastel-blou gerverfde deure en pype is ‘n ewebeeld van die blou wat die swembad gaan wees.
In Februarie vanjaar het Van Tonder besluit om die swembad weer te heropen. Mogale City Plasslike Munisipaliteit het glo die projek met ope arms aanvaar en tot dusver grootliks bygedra tot die opgradering.
Sowat R6 miljoen is toegewy aan díe projek wat moontlik weer ‘n plek van geluk en baljaar sal wees.
Gaan jy hierdie publieke swembad besoek wanneer dit oopmaak?
Verwante artikels:
• Nuwe infrastruktuur vir Krugersdorp-Wes
• Koeler somer wink dalk dié keer
• Swimming pools to be upgraded
