Raadslid vies oor rioolstorting
Onwettige rioolstorting laat plaaslike raadslid se bloed kook.
’n Op en wakker inwoner het gesien hoe riool onwettig deur ’n verwyderingsmaatskappy in die dorp gestort word en het dadelik die plaaslike raadslid op die oortreders se spoor gesit.
Gavie Swanepoel het in Luipaardstraat, naby Krugersdorp se gevangenis, gery toe die verkeer skielik tot ’n stilstand kom.
Swanepoel sien toe hoe ’n groot pyp vanaf ’n trok by ’n stortdrein ingedruk is en ’n kleiner pyp aan die ander kant.
Hy het dadelik na die naaste polisiestasie gery om die onwettige storting aan te meld, maar sonder sukses.
Toe besluit hy om die plaaslike DA-raadslid, Jakkie Naudé te skakel.
“Dit was ’n wit trok met swart bewoording op,” het Swanepoel gesê.
Toe Naudé by die toneel kom het trok reeds verdwyn.
“Hierdie onwettige storting gebeur maar orals. Die werkers wil nie by rioolplase betaal om die riool te stort nie en vat dan kanse by die stortdreine in die dorp. Hierdie is die eerste geval waarvan ek weet in my wyk, maar ongelukkig kan mens nie hierdie soort ding beheer nie. Selfs bouers maak hulself skuldig hieraan,” het Naudé gesê.
Verder meen Naudé dat die feit dat mense moet betaal om afval te stort nie die situasie help nie.
Verwante artikels:
• Sewage continues to leak despite it being reported
• Verstopte drein word nou ‘n kopseer
• Mogale die stad van rioolfonteine
