Kinders lag en baljaar by Kersbederf
Leerlinge word bederf met lekkergoed, springkastele en 'n spesiale besoek deur die dorp se nar.
Leerlinge van Mug and Tree Kleuterskool was behoorlik bederf met vroeë Kersgeskenke en ‘n spesiale besoek deur Kallie, die dorp se nar, verlede naweek.
Die bederf Kerspartyjie was gereël deur die leerlinge van Maragon Privaatskool.

Die ouers het die geskenke gekoop volgens die name, geslag en ouderdom van kinders wie se name op ‘n kaartjie op ‘n boom gehang was.
Maragon se laerskoolleerlinge vanaf Graad 1-3 het geld ingesamel en verdere geskenkies aangekoop.
Elke kind het ‘n sakkie vol lekkers en koeldrank ontvang terwyl die personeel bederf geskenkpakkies ontvang het.
Die leerlinge het baljaar op springkastele en hulle gate uitgeniet toe Kallie die nar die groep vermaak het.

“Dit was so spesiaal en die kindertjies is pragtig en het dit baie geniet. Daar was geweldig baie ander geskenkies en ons is net baie dankbaar vir elke persoon wat die geleentheid laat werk het. Baie dankie aan almal,” het Belinda Espag, Bemarkingsskakel vir die Adtech groep gesê.
Soortgelyke artiekels:
•Happily spoiling Mug and Tree
•Kinders van Mug and Tree-sopkombuis word heerlike bederf
•Maragon hosts second carols evening
