’n Wensprong vir plaaslike gimnaste
Drie Impala Gimnaste het deurgedring na die Region Vyf Internasionle Gimnastiek Kompetisie.
Van kleins af strek, spring en oefen Impala Gimnastiekklub se gimnaste om beter en hoër te kan spring. Vanjaar gaan drie van hulle Suid-Afrika by die Region 5 internasionale gimnastiekkompetisie verteenwoordig.
Ses van Impala se gimnaste het gedurende die Nasionale Gimnastiek Spele in Oktober aan die proewe vir minitrampolien deelgeneem om die nasionale span te haal. Die gimnaste is van nege tot 14-jarige ouderdom en het in dieselfde afdeling met mekaar meegeding.
Tianette Wessels (10), Wessel Nienaber (12) en Heinrich Greyling (13) het na die internasional span deurgedring.
“Ek is baie trots op hulle en laat hulle toe om op hul eie tyd en kapasiteit te groei,” vertel Linda Coetzer, Impala se afrigter.
Linda is ook verkies as die afrigter vir die nasionale minitrampoelienspan.
Zimbabwe, Suid-Afrika en Namibië gaan van 7 tot 9 Desember in Pretoria kompeteer vir die Region 5 minitrampolien kampioen titel.
Verwante artikels:
• Impala gimnaste se medalje oes
• Impala gimnaste ryg toekennings in
• Gymnasts take part in nationals
