Local newsNewsSchools

Curro se kultuur kook

Curro se kultuur groei met verskeie toekennings en leerlinge wat presteer.

Leerlinge van Curro Krugersdorp het vanjaar 123 sertifikate vir kultuur verower.

Curro het by vanjaar se Nasionale Eisteddfod Akademie kompetisie die top 10 gehaal. Verder het hulle ’n sewende plek los geslaan in die D2 distrik waar hulle as kategoriewenner in meer as 20 items, insluitend die Graad R Afrikaanse Spreekkoor, aangewys is.

Die skool spog ook met hul unieke Afrika drommegroep wat vanjaar vir die eerste keer aan die Randfontein Kuns en Kultuur Vereniging (Raca) deelgeneem het en as die beste musiekgroep aangewys is.

Die junior- en seniorkoor het vroeër vanjaar aan kykNET se Sing in Harmonie kompetisie deelgeneem waar die seniorkoor na die finale rondte deurgedring het en as naaswenners uit die stryd getree het.

“Ons resultate verbeter jaarliks. Curro Krugersdorp se deelname aan kultuuraktiwiteite het drasties vermeerder. Ons sien uit na al die opwindende kultuuraktiwiteite wat 2016 inhou,” het Lizarn Smith, persoonlike assistent vir die uitvoerende hoof van Curro, gesê.

Die skool het die leerlinge se kunsliefde verder verryk met ’n onlangse uitstappie na die Alice Art Gallery waar hulle die bekende kunstenaar, Portchie se werk kon aanskou en hom kon ontmoet.

Sy sukses kan toegereken word aan sy unieke skilderye met helder kleure en God se guns wat op hom rus, het hy aan die leerlinge vertel.

“Dit was ’n ongelooflike ervaring en ’n voorreg vir Curro Krugersdorp om hom te kon ontmoet. Sy lewensverhaal was ’n goeie motivering vir die leerlinge. Dit was beslis ’n onvergeetlike ervaring.”

Soortgelyke artiekels:

Curro hosts successful first time sports event | Krugersdorp News

Curro Krugersdorp opgewonde oor skooljaar | Krugersdorp News

Curro’s netball champs | Krugersdorp News

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button