Local newsMunicipalNews

Onwettige aborsie advertensies die ware Jakob?

Walgplakkers is weer volop in die middedorp en sigbaar vir elkeen om te sien. Word die dienste werklik gelewer in die dorp?

Die News het al vantevore verslag gelewer oor die onwettige advertensie plakkers in die middedorp, maar steeds gluur die walgplakkers vir beide kinders en volwassenes wanneer hulle deur die dorp stap.

Lees: Walgplakkers knak sake- en toerismebedryf

In Februarie vanjaar het Dehlia van Staden, direkteur van die Wes-Randse Sakekamer en Toerisme gesê ‘n petisie is opgestel om die Mogale City munisipale bestuurder te dwing om die wette toe te pas deur oortreders vas te trek wat die dorp “met plakkers besoedel” wat aborsies en penisvergrotings adverteer.

Jakkie Naudé, Demokraties Alliansie raadslid, het onlangs weer die News gekontak oor hierdie plakkers.

“Hierdie onwettige pamflette is vasgeheg aan lamppale, stoptekens, elektrieses substasies en oral oor die munisipale area. Dit is blote ontsiering van die dorp,” sê hy.

Wat sê die adverteerder?

Toe die News die geadverteerde nommer vir aborsies bel, antwoord die sogenaamde dokter Sis Thandiwe. Die News het gevra oor die prys vir die aborsie van ‘n drie maande oue fetus en geleer dat dit jou so R800 sal kos om by haar ‘spreukkamers’ ‘n aborsie te kry. As die fetus al vier maande oud is, vra Thandiwe steeds R800.

Sy het ook verduidelik, nadat daar gevra is oor die onwettige advertering, dat daar mense is wat nie wil swanger wees, dalk omrede hulle verkrag was, en dat niemand bereid is om hulle te help nie.

Thandiwe adverteer ook penisvergroting.

“As hierdie advertensies, wat regoor betaalde advertensies met gom geplak word, reeds kontaknommers op het, hoekom kan die munisipaliteit hulle nie vastrek nie?” vra Jakkie.

Teen die tyd wat hierdie artikel gepubliseer is, het Mogale City se woordvoerder, Nkosana Zali, nie kommentaar gelewer nie.

Lees ook:

Mogale City’s tongue cut off?

Walgplakkers knak sake- en toerismebedryf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button