Legendariese juffrou sterf
Die gemeenskap is in rou gedompel oor die nuus van 'n geliefde onderwyseres se dood.
Leerlinge en ouers van Laerskool Ebenhaeser was ontkant gevang met die nuus van hul geliefde juffrou, Anrie Venter, se afsterwe.
Die legendariese juffrou, ‘n Afrikaanse onderwyseres, het haar stryd teen kanker op 11 Desember in die Life Robinson Hospitaal in Randfontein omstreeks 6vm verloor.
Sosiale media het gegons met die nuus waar talle oud-leerlinge en vriende hul meegevoel met die familie gedeel het.
“Ai legende Afrikaanse onderwyser, ai”, was een van die vele boodskappe op Facebook.
Talle het Anrie as ‘n streng onderwyser maar tog ‘n besonderse goeie mens beskryf.
Die geliefde juffrou laat ‘n dogter agter.
Verwante artikels:
• ‘n Leemte na twee van Nic Diederichs sterf
• Oorlede hoof se dogter in kritieke toestand na ongeluk
• Social media users reacts to presenter’s death
