[FOTO’s] Smullekker happies vir haasbekkies
Die nuwe skooljaar skop met haasbekkies, twee stelle tweelinge en poniesterte af.
Haasbekkies van regoor Krugersdorp het vandag in hulle splinternuwe skoolklere by verskeie skole opgedaag om die begin van die nuwe skooljaar af te skop.
Laerskool Krugersdorp-Noord het hul nuwe Nories al gister, 12 Januarie, verwelkom met uitgeruste onderwysers wat gereed is vir die nuwejaar.

Hierdie jaar spog die skool met twee stelle tweelinge, wat albei seuns is.
Graad 1 juffroue by die skool het aan die News gesê dat die ouers definitief meer emosioneel as die opgewonde kinders was wat nie kon wag om pouse met hulle nuwe maatjies te speel nie.
Die groepie haasbekkies het met hulle eerste pouse baie gretig hulle kosblikkie inhoud met die News gedeel.
Daar was met vars vrugte, smullekker toebroodjies en selfs tuisgemaakte hamburgers gespog.

‘n Juffrou het ook aan die News gesê dat sy die ouers aangeraai het om die afskeid op die eerste skooldag kort en kragtig te hou om te verhoed dat die kinders emosioneel word.
Maar die afskeid van hul ouers het nie hierdie haasbekkies onder gekry nie, want daar was eenvoudig net nie tyd nie. Die kinders wou so gou moontlik nuwe maatjies maak en afskop met hul skoolloopbaan.

Kliek gerus hier om na nog foto’s te kyk.
Verwante artikels:
• Noordskool sluit jaar met sukses
• Knapgedaan vir Noordskool se sportster
• Ontmoet Noordskool se mooistes
