Editor's choiceLocal newsMunicipalNewsUpdate

Wanneer maak swembad oop?

Wanneer gaan die swembad nou oopmaak?

In Desember sou Krugersdorp-Wes se publieke swembed heropen, maar vandag is hy steeds gesluit.

Krugersdorpers het twee hittegolwe oorleef sonder om hul voete in die koue water te kon sit. In tussen het Mogale City Plaaslike Munisipaliteit  se werkers steeds gewerk om die swembad te heropen.

R6 miljoen is reeds in die swembad se opgradering geploeg.

Matthys van Tonder, raadslid van die Demokratiese Alliansie, het verlede jaar verwag dat die swembad voor die einde van die jaar sal open, maar die droogte het hom laat twyfel of hulle water só moes gebruik in ’n tyd van nood.

“Afhangende van wanneer die munisipaliteit sê hulle die swembad gaan open, gaan ek ’n petiese loods vir die dringende heropening van die publieke swembad,” het Matthys gesê.

Hy meen daar is beslis ’n behoefte vir die gebruik van publieke swembaddens in Krugersdorp.

Oor die vakansie het inwoners vertel hoe hulle kinders sien swem het in ’n opgaardam naby Dr Yusuf Dadoo Hospitaal oor die feesseisoen.

Daar is net drie publieke swembaddens in Mogale City. In Azaadville, Kroningspark en Krugersdorp-Wes. Die swembad in Azaadville is die enigste een uit die drie wat oop is.

Sal jy weer na ’n publieke swembad gaan as een oop is? Vertel ons deur kommentaar te lewer in die kommentaar boks onder of like ons op Facebook of twiet ons by @krugersdorpnews.

Lees verder:

• Swembad heropen – net as reën kom

• Inwoner onthou swembad-dae

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button