Editor's choiceMunicipalNews

Riool stoot op in agterplaas

Opgestote riool 'n kommer vir gesin met peuter en troeteldiere.

Die verskriklike haelstorm vroeër die maand het meer as net strukturele skade aan hierdie gesin se huis gerig.

Die Gomes-Sebastiao gesin het vir meer as ’n week met opgestoote riool en ’n vrot reuk in hul agterplaas gesit nadat die dreineringstelsel in die vlei vermoedelik geblok was as gevolg van die swaar reën en hael op 9 Januarie.

Op 11 Januarie het Josef Gomes-Sebastiao ’n klag by die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit gaan lê oor die riool wat in sy erf opgestoot het.

Inspekteurs het na hul huis gekom om die situasie te evalueer, maar meen daar niks fout met die dreineringstelsel is nie.

’n Paar dae later het Josef weer ’n klag by die munisipaliteit gaan lê, maar dieselfde terugvoering ontvang dat daar niks fout gevind is nie.

Die tweede maal wat die riool weens 'n vermoedelike geblokte pyp by die gesin se werf opstoot.
Die tweede maal wat die riool weens ‘n vermoedelike geblokte pyp by die gesin se werf opstoot.

Verlede Sondag het die riool weer opgestoot, en Josef het vir ’n derde keer ’n klagte by die munisipaliteit gaan lê, waarop hulle weer na die perseel uitgekom het, maar hierdie keer het hulle geweier om die riool skoon te maak.

In 2013 was die News ook by die perseel toe die riool vir die eerste keer by hulle agterplaas opgestoot het.

Hulle het sedert die insident hul plaaslike raadslid gekontak, wat belowe het om werk daarvan te maak.

Josef meen dat die munisipaliteit hierdie soort probleem maklik kan vermy deur gereeld die dreineringspype wat in die vlei agter hulle huise geleë is skoon te maak en te ontblok.

“My grootste bekommernis rakende die riool is die veiligheid van my gesin en ons troeteldiere. Nie net het ons ’n tweejarige peuter wat by ons woon nie, maar ook ’n dragtige hond en ’n ander een wat pas gekraam het,” het Josef bekommerd gesê.

Verwante artikels:

Verstopte drein word nou ‘n kopseer

Mogale die stad van rioolfonteine

Stank hang al drie jaar oor straat

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button