Vinniger, hoër, verder
Hoërskool Noordheuwel het op die sportgronde presteer tydens die jaarlikse interhuis atletiekbyeenkoms.
Sang, skree, hardloop en spring – Hoërskool Noordheuwel het behoorlik seker gemaak daar word beweeg by die jaarliske interhuis atletiekbyeenkoms.
Die dirigente van die Duitse, Spartane en Romeine, die name van die verskillende huisgroepe, het seker gemaak dat die atlete goed ondersteun is. Die Duitsers het egter met die geesbeker weggestap en ook die dag se atletiek gewen.

Die junior Victrix Ludorum, Dané Roets, het drie nuwe rekords opgestel op die dag en is ook aangewys as die beste junior dogter atleet.
Sy het die spiesgooi afdeling gewen met 31,15 meter, die gewigstoot met 13,49 meter en die diskus met 33,62 meter.
Die senior Victrix Ludorum, Charlize Coetzer, en junior Victor Ludorum, Andeon Olivier, het ook die skool se naam hoog gehou.
Die senior Victor Ludorum, Marchell Stapelberg, het die 110 meter hekkies rekord gebreek met ‘n tyd van 14,87 sekondes. Hy ontvang ook die trofee vir Nories se beste senior seuns naellope en hekkies atleet.
Lees ook:
• Nories wen avontuur-kampioenskappe
• Search interhuis Sweet tap by bejaardes se interhuis
