Misdaad word nie geduld nie
Kort na haar aanval word tannie Marie Pretorius met blomme en 'n GPF-lidmaatskap verras.
Die bejaarde vrou wat verlede week by haar huis aangeval is, is kort na die News daarop verslag gedoen het, deur lede van AfriForum gehelp.
Lees die eerste artikel hier.

“Ons gaan nie sulke aanvalle teenoor bejaardes duld nie. Ons het gereël om vir die tannie ’n bos blomme te vat,” vertel Ronaldo Prinsloo, ’n lid van die AfriForum Krugersdorp bestuurspan.
Die volgende dag het Ronaldo die blomme by Marie Pretorius se huis gaan afgee.
Marie, wat 36 kilogram weeg, is deur twee rowers in haar tuin aangeval en teen haar bors geslaan. Haar borsbeen, asook haar vinger, is in die voorval gebreek.
“Ek dank die Here hulle het nie enige wapens gehad nie,” het die 63-jarige Marie vertel.
Die Sektor 3-Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se nooddienste het na Marie omgesien totdat die ambulans haar na Dr Yusuf Dadoo Hospitaal geneem het.
Marie het vertel sy het nou die GPF se aansluitingsforms ingevul en sy is gretig om by hulle aan te sluit.
“Ons het ook seker gemaak haar aansluitingskostes en fooi vir die jaar is gedek,” het Ronaldo gesê.
Die AfriForum Krugersdrop-tak samel ook fondse in om vir tannie Marie van ’n GPF radio te voorsien.
Lees ook:
• Make sure you know your CPF sector numbers
• [VIDEO] Elder fakes heart attack to escape hostage situation
