Local newsNews

Wesrander wen blinknuwe bakkie

'n Roodekrans inwoner het 'n dubbelkajuit-bakkie gewen deur sy vingers aan sy selfoon geklou te hou.

“Om vir hierdie kompetisie in te skryf is so maklik soos melktert eet.”

So sê Dawid Botha, handelsmerkbestuurder van Virseker Versekering. Hy glo nie net dat dit baie makik was om in te skryf nie, maar vertel ook dat die inskrywings behoorlik ingestroom het vir die kans om die R350 000 Ford Ranger 2,2 XL dubbelkajuit-bakkie te wen.

“Sommige mense het meer as ‘n duisend keer ingeskryf,” vertel hy.

Maar op Vrydagoggend (5 Februarie) kon net een persoon die groot prys wen.

Nico Coetzee van Roodekrans het by Action Ford op Voortrekkerweg sy nuwe karsleutels kom haal. By die tak het die Suid-Afrikaanse filmster Nadia Beukes vir Nico geluk gewens.

In die raadsaal is die gaste onthaal met sjampanje en southappies terwyl die yslike waarheid vir Nico insink.

“Toe ek die oproep kry dat ek die wenner is, kon ek dit nie glo nie,” het Nico gesê.

“Ek het maar net tussen 50 en 60 smse gestuur, maar tog gewen.”

Om vir die kompetisie, wat in November verlede jaar afgeskop het, in te skryf moes jy jou naam soveel keer soos jy wil sms. Die gelukkige wenner se naam was dan uit ‘n boerpot op 31 Januarie getrek.

Lees verder:

And the winner of this year’s car competition is…

Trotse wenner kry ‘n nuwe motor

Winner draws car key; chooses money instead

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button