Local newsNews

Groei kleinsake, red die ekonomie

Entrepreneurskapsontwikkeling-program veg saam die werkloosheidsyfer.

’n Plaaslike besigheidseienaar het nou ’n administrasie-bevoegde werknemer ryker geword, te danke aan die Bankseta-ontwikkelingsprogram.

Bankseta – bank vaardighede, onderrig en opleiding owerheid – is ’n gevestigde statutêre liggaam wat sy belanghebbendes in staat te stel om die bankbedryf te bevorder.

Carl Aucamp, direkteur van die SA Entrepreneurial Development Hub, bied hierdie Noordwes Universiteit geakkrediteerde kusus aan entrepreneurs met die befondsing van Bankseta, saam met vier ander direkteure landswyd.

Antoinette Pretorius is een van die ses studente in Krugersdorp wat die nege-maande program voltooi het. Sy en haar man, Willie, beplan nou groter sukses vir hul paneelklopperbesigheid, Willie’s Panelbeaters.

“Ons het gesien baie besigheidseienaars het nie basiese bestuurs- en administrasievaardighede nie. Ons wil die ekonomie laat groei deur vir meer mense hierdie vaardighede te leer,” het Carl gesê.

Hy meen die kleinsakesektor is die hoeksteen van ’n gesonde ekonomie en dat daar ’n groot nood is vir opleiding.

“Deur hierdie program beveg ons werkloosheid.”

Antoinette het gesê sy voel nou baie meer bekwaam om die besigheid se finansiële en administratiewe takies aan te pak en glo elke kandidaat wat vir hierdie jaarlikse program inskryf, net so daarby sal baat.

Suksesvolle studente van hierdie program gaan nou aan plaaslike munisipaliteite ook die geleentheid bied om hul personeel op te lei.

Verwante artikels:

• [PHOTOS] Awarded for growing the West Rand economy

• Locals only awarded 11 per cent of tenders

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button