[FOTO’s] Die liefde blom by ouetehuis
Môreglans Tehuis het weer uitgehaal en gewys by die jaarlikse Valentynsmark.
Die liefde het behoorlik geblom by Môreglans Ouetehuis op Valetynsdag vanjaar.
Die SAVF Môreglans Ouetehuis het weer ‘n Valentynsmark gehad waar verskeie handelaars hulle tuisgebakte en gebroude lekkernye kon verkoop het.
Die mark was ten bate van die tehuis wat grootliks deur die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) ondersteun word.

“Ons het 13 stalletjies teen R100 elk verhuur. Ons het goed gedoen die jaar,” vertel die tehuisbestuurder Fanie Meyer.
Fanie het teen die middag ‘n looitjie getrek vir die wenner van ‘n Valentynskoek.
Maar die dag het nie net om hartjies en soentjies gedraai nie, die Warriors For Jesus motorfietsklub het weer hulle ysterperde beskikbaar gemaak vir albei bejaardes en jonges om op te ry.
Debby Maclennan het sommer twee keer agter op Johan Pelser se Honda CBR om die stalletjiegronde gery.

“Dit is vreeslik lekker,” het sy gesê terwyl sy lag-lag van die groot motorfiets afklim.
Die mark het van 9vm tot twaalf uur die middag die parkeerterryn voor die tehuis plaasgevind en beloof om weer volgende jaar so te maak.
Om na nog foto’s van die mark te kyk, kliek hier.
Lees meer:
• Fondsinsameling vir reuse onderhoudwerk
• Talle hou fees vir Loslitdag
• Môreglans doen dit sommer self
