Local newsNews

Oulikste Mnr en Mej Valentyn gekroon

Dit was moeilik om te besluit watter twee kandidate met die krone sou wegstap.

Rooi rokkies, skaam gesiggies en groot krone het by ‘n plaaslik kleuterskool se Valentynsdagvieringe gesorg dat ongeveer 70 kleuters ‘n ongewoon lang middagslapie gehad het.

Playschool Academy-onderwyseres Heidi van Jaarsveld het vertel dat hulle vanjaar iets anders wou doen as net Valentynskaartjies maak.

Lees ook: Valentine’s Day: Sad pop songs playlist

“Ons het besluit om ‘n kompetisie te hou om ‘n Meneer en Mejuffrou Valentyn te kies. Elke klas het deelgeneem en twee beoordelaars het gekyk wie die mooiste gelyk en vriendelikste opgetree het,” het sy vertel.

Volgens Heidi het die dag oor die kleintjies gegaan. Elke deelnemer het ‘n sertifikaat ontvang en die wenners elk ‘n rugsak. Sy meen dis goed vir die kinders se selfbeeld om op die loopplak te verskyn.

Die finaliste het almal mooi rokkies en groot glimlaggies gehad.
Die finaliste het almal mooi rokkies en groot glimlaggies gehad.

Dit was moeilik om te besluit watter twee kandidate met die krone sou wegstap. Tweejarige Ruhardt Grobler en vierjarige Reaobaka Motlhako was toe die gelukkiges.

“Dit was regtig lekker en al die onderwysers het dit so geniet,” het Heidi gesê.

Na ‘n hele paar uur se glimlag en mooi staan het byna die hele kleuterskool teen 11vm vreemd stil geraak …

Verwante artikels:

• Lesers sê wat Valentynsdag vir hulle beteken

• [FOTO’s] Die liefde blom by ouetehuis

• Valentynsdag-besoek los glimlagte op talle gesigte

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button