Local newsLocal sportNewsSport

Stap, stap oor die berge

Van die Magaliesberge tot Groenkloof in Pretoria. Die Krugersdorp Stapklub is na meer as twee dekades nog doenig.

Het jy lus om jou bene ‘n bietjie te rek en vars lug in te asem?

Phillip en Babsie Olivier weet presies hoe jy voel. Daarom hou hulle die Krugersdorp Stapklub wat al sedert 1993 bedrywig is, aan die gang.

Die relatief jong getroude paartjie, albei 85, vertel hoe hulle dit geniet om te stap en dat “dit die beste en lekkerste oefening vir ‘n mens is”.

Die klub bied ‘n gratis lidmaatskap aan en Phillip en Babsie, wat ook die voorsitters is, sê jy kan maar verwag om oor berge en dale te stap.

FOTES 020
Hierdie is die tipe uitsigte wat jy op een van die staptogte kan verwag om te sien. Foto: Phillip Olivier

“Soms verwag nuwe stappers nie die hoë intensiteit van die stap nie. Ons stap nie strate nie,” het Phillip gesê.

Elke tweede Saterdag van elke maand stap die klublede op plekke soos in die Magaliesberg, op privaat plase in die Wieg van die Mensdom, die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin en deur verskeie klowe in en om Krugersdorp.

“Ons hou ook baie van die ou poswaroete oor die Krugersdorp-heuwel na die R28 toe. Dit is waar die ou poswaens van Muldersdrift na Krugersdorp gery het om pos af te lewer,” het Babsie vertel.

Phillip en Babsie Olivier, voorsitters van die Krugersdorp Stapklub stap gereeld en sê daar is niks so mooi soos om die natuurskoon op twee voete te ervaar nie.
Phillip en Babsie Olivier, voorsitters van die Krugersdorp Stapklub stap gereeld en sê daar is niks so mooi soos om die natuurskoon op twee voete te ervaar nie.

Phillip, wat vir Babsie by die klub ontmoet het, vertel dat die klub ook ‘n sosiale geleentheid is en hoe hulle gereeld ‘n vleisie braai na ‘n lang Saterdag-roete.

Albei sê om te stap is natuurlik en hulle doen dit nog want hul liggaam laat weet hulle wanneer hulle oefening nodig het. Babsie stap al vandat sy ‘n kind is en glo dit is die lekkerste manier om die natuur te verken.

Phillip stel voor dat jy hierdie lysie byderhand hou wanneer jy een van hulle 10-kilometerroetes wil aanpak:

• Kry ‘n paar goeie tekkies of stapskoene, moenie kaalvoet of met sandale stap nie

• Koop ‘n hoed vir beskerming teen die son

• Wend gereeld ‘n sonbrandmiddel aan as jy stap aangesien die son brand deesdae al hoe warmer

• Hou minstens een liter water byderhand

• Bly in die stapgroep want jy kan maklik in die bos verdwaal

• Jy moet minstens matig fiks wees

As jy graag die volgende roete saam met die Krugersdorp Stapklub wil aanpak, skakel vir Phillip by 083 788 4555.

Verwante artikels:

• Staptog deur Botaniese Tuin

• Heerlike lentestap – kom verfris jou siel

• Sluit aan by die stapklub die maand

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button