Local newsNews

Swartsakke vol liefde

'n Bedel-blad op Facebook daag die gemeenskap uit om ander te help.

Twee barmhartige inwoners van Krugersdorp wil die gemeenskap uitdaag om deel te neem aan hulle swartsakprojek.

Yolandie Coetzee Pestana en Madre Botha het onlangs bekendes op sosialemedia geword vir hulle omgee in die gemeenskap.

Hulle het agt maande gelede ‘n ‘bedel-blad’ geskep genaam Hope for the Future, waar hulle vir donasies vra en so ook donasies skenk aan die minderbevoorreg in nood.

Alhoewel hulle nie ‘n welsynsorganisasie is nie, is hulle lief daarvoor om mense te help wat sukkel.

Hulle aanvaar hulle glad nie geldelike donasies nie maar eerder kospakkies, nie-bederfbare kos en ander items wat hulle dan versprei in die area na gesinne in nood.

Tans skenk die twee vroue kospakkies aan sowat drie gesinne op ‘n daaglikse basis en het sowat 40 ander gesinne in die dorp na wie hulle omsien van tyd tot tyd.

Die groepie het nou onlangs hulle 40-dae-40-items projek op Facebook geloods wat die gemeenskap uitdaag om vir 40 dae, elke dag ‘n item in ‘n swartsak te plaas en na die 40 dae dit aan minderbevoorregtes te skenk.

Alhoewel die projek reeds op 16 Februarie afgeskop het, kan inwoners steeds inspring en begin insamel en dan die sak skenk wanneer hulle die 40 dae voltooi het.

Vir meer inligting of om betrokke te raak besoek hulle Facebook-blad, Hope for the Future West-Rand of skakel Yolandi by 071 530 4033 of Madre by 078 676 9760.

Soorteglyke artikels:

Charity is their cup of tea

Do the can, can for charity

Tough guys rough it for charity

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button