Local newsNews

Baas van die baard-beweging

Sy vrou was eers nie te ingenome met die hele baard-idee nie, 'maar dit het mettertyd op haar gegroei'.

‘n Inwoner van Krugersdorp-Noord het onlangs die wenresep ontdek om ‘n perfekte, sagte baard te kweek.

Die baard-gogga het Ennes Steyn verlede jaar gebyt nadat hy besluit het om deel te neem aan die Movember-veldtog.

Toe sy bebaarde vel begin jeuk het, het Ennes byna opgegee en verstaan hoekom mans soms hierdie harige gedoente liewer afskeer.

Die gekrap het hom laat navorsing doen en hy het toe ontdek dat daar verskillende spesiale middels, veral baardolie is om die irritasie te voorkom.

Baardolie versag die vel en baard, en voed dit terselfdertyd.

Die olie bestaan gewoonlik uit twee komponente wat ‘n basisolie en ‘n essensiële olie bevat. Die produk se pryse het egter nie sy sak gepas nie, daarom het Ennes besluit om sy eie unieke produk te skep.

Hy het toe op hardehoutolie (sederhoutolie) afgekom wat al jare lank gebruik word as ‘n velreiniger met anti-inflammatoriese eienskappe.

Hy het die eerste mengsels net vir eie gebruik gemaak, maar besluit om dit te bemark toe hy gesien het dat dit wonders verrig.

Sy produk met die unieke etiket het gou gewild geword en hy het nou selfs ‘n Facebook-blad.

Ennes hou vir eers net by die hardehoutgeur wat tans baie goed vaar.

Hy meen dat die baard-beweging tans momentum kry en daar word glo selfs voorspel watter style in 2016 gewild gaan wees.

Sy Facebook-blad gee nuttige wenke oor hoe mans hul baarde kan stileer en daar is video’s oor hoe om die olie reg te gebruik.

“My vrou was eers nie te ingenome met die hele baard-idee nie, maar dit het mettertyd op haar gegroei,” het Ennes gespot.

Vir meer inligting oor Baas Baard Baardolie besoek Ennes se Facebook-blad.

Soortgelyke artikels: 

[VIDEO] Driving through the seasons

Ontmoet die News se gereelde brieweskrywer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button