Local newsNews

Pret terug in die parkie

Kinders van die gemeenskap het stadig maar seker na die parkie toe begin gaan soos wat die helder kleure op die mure dit aanloklik gemaak het.

Daar is nuwe lewe in die vervalle parkie in Burgershoop geblaas.

Die vroue van Mug and Tree Gemeenskapsentrum het kragte met die gemeenskap saamgesnoer en die parkie opgeknap en skoongemaak.

Trudie Naudé en Estelle Opperman het koppe bymekaar gesit toe hulle onlangs opgemerk het hoe vervalle die parkie is.

Hulle het op sosiale media vir ondersteuning gevra en selfs Mevrou Gauteng, Adel de Beer, genader.

Dit is toe dat die wonderwerke begin en die gemeenskap saamgestaan het om die parkie te verfraai.

Adel het die Prettify your Township-organisasie genader om te help met die mooimaakwerk terwyl Trudie se familie, wat ‘n tuindienste-onderneming besit, ingespan is om die lang gras te sny.

Verlede Vrydag, 26 Februarie, het die span met ‘n groot skoonmaakpoging in die parkie begin.

Daar is spuitnaalde, sigaretstompies, leë drankbottels en ander rommel in die lang gras gevind.

Jonk en oud het saam gestaan en help verf aan die parkie se mure.
Jonk en oud het saam gestaan en help verf aan die parkie se mure.

“Die parkie was nie vantevore veilig vir die kinders nie,” het Trudie daar aan die News verduidelik.

Die volgende dag het die gemeenskap weer ingespring en gehelp om die mure met helder kleure en inspirerende boodskappe te verf.

Kinders van die gemeenskap het stadig maar seker na die parkie toe begin gaan soos wat die helder kleure op die mure dit aanloklik gemaak het.

Jakkie Naudé gee 'n helpende hande en verf die Mug and Tree se embleem op die parkie se muur.
Jakkie Naudé gee ‘n helpende hande en verf die Mug and Tree se embleem op die parkie se muur.

“Namens my en Trudie wil ek graag die gemeenskap vra om nie net die parkie te geniet nie maar ook te help om dit so te hou. Baie dankie aan almal wat by die projek betrokke was en vir almal se ondersteuning,” het Estelle gesê.

Verwante artikels:

• Kinders lag en baljaar by Kersbederf

• Gauteng Premier visits Krugersdorp

• [PHOTOS] Day care in dire need

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button