Local newsNews

Afrikaans groei selfs op Wikipedia

Díe taal het nog 'n blink toekoms, meen Wikipedia Afrikaans.

Dink jy jy weet alles en boonop in Afrikaans?

Daar is dalk ‘n plek waar jy hierdie unieke talent kan beoefen: Afrikaans Wikipedia.

Na hy self meer as 4 000 artikels geskryf het vir Afrikaans Wikipedia, wat nou al 15 jaar bestaan, vertel Deon Steyn, 54, die huidige direkteur van die Afrikaanse Wikimedia-stigting, dat hy g’n einde aan Afrikaans skryf sien nie. Wikimedia is ‘n nie-winsgewende organisasie wat projekte soos Wikipedia en Wikihow stig.

“Afrikaans is besig om te groei en ons benodig mense wat kan artikels skryf oor enigiets van fietse tot sade,” het hy aan die News vertel.

Deon is ‘n bedrywige inwoner van Rant-en-Dal en het ‘n probleem met stilsit voor die televisie. Hy het gesê hy moet sy kennis versterk en sy brein aktief hou, en dat televisie kyk nie juis daarmee help nie. Deon is ook ‘n voltydse projekbestuurder, bergfietsryer en optiesevesel-entoesias.

Deon is verlede jaar as die eerste Afrikaanssprekende na die Wikimania-konferensie in Meksikostad uitgenooi.

Belanghebbers van regoor die wêreld woon jaarliks die konferensie by en neem aan hu projekte deel.Deon vertel dat Afrikaanse Wikipedia-blaaie 86ste op die wêreldranglys van artikels is.

“Afrikaanse artikels is ook die tweede grootste aantal artikels uit Afrika, naas dié in Malagasies,” het hy gesê.

Daar is Wikipedia-blaaie in al 11 Suid-Afrika se amptelike tale, maar naas Engels het Afrikaans die meeste met byna 40 000. Dit is hoofsaaklik deur Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner geskryf, maar skrywers uit België en Nedeland het ook bygedra. Deon vermoed dit gaan nog heelwat groei.

“Enigiemand kan by die Wikipedia-gebruikersblad aansluit en begin om artikels saam te stel. Daar word net van jou vereis om bewyse, deur middel van gekoppelde bronne, saam met jou artikels in te dien. Elke artikel word nagegaan,” het hy aan die News verduidelik.

As jy steeds dink Wikipedia kan jou nie help met jou huiswerk nie, verduidelik Deon dat baie universiteite ook by Wikimedia inkoop. Maar die inligting wat jy op Wikipedia lees is reeds bewys as betroubaar.

“Ons sal byvoorbeeld nie ‘n tesis publiseer wat reeds iewers anders gepubliseer is nie.”

Op die oomblik is daar 160 aktiewe gebruikers wat Afrikaanse Wikipedia artikels skryf. As jy dink jy kan iemand iets leer oor hekel of vleis braai, moedig Deon jou aan om deel te word van hierdie groeiende beweging.

Verwante artikels:

• Werkservaring en studdeer in Afrikaans

• Vir Altyd se Ivan en Donnalee maak ’n draai in die dorp

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button