[FOTO’s] Liefdestragedie op die skoolverhoog
Die bekende Romeo en Juliet is op die skoolverhoog uitgevoer.
“Romeo, o Romeo,” roep Juliet op Hoërskool Bastion se verhoog.
Die gala-opvoering van vanjaar se revue het die gehoor byna heel aand aan die lag gehad.
Met die verwerking van William Shakespeare se klassieke Romeo en Juliet, is ‘n moderne draaipunt ingewerk – Juliet het aan die einde vir Romeo oor die vingers getik omdat hy so sinneloos sy lewe vir ‘n vrou wou prysgee.
Bernadene Ross, die organiseerder, en Leonie van Kraayenburg, die Hoof van Kultuur, werk al van verlede jaar Augustus af aan die produksie.
Die hoofkarakters, Stephen Moolman en Delaine Gillard, wat albei in Graad 9 is, het omtrent gevleuelde woorde gebruik om hul karakters se liefde vir mekaar te probeer beskryf.
“My suikerklontjie” het Juliet soms vir Romeo genoem.
Tussen die dansgroepe, aksietonele en groepe se optredes het Shakespeare se bekende liefdestragedie tot sy reg gekom.
“Almal het dit verskriklik geniet en die ouers het ook ingespring en gehelp om die versierings op die verhoog te kry,” het Bernadene vertel.
Vir meer foto’s van die revue, kliek hier.
Verwante artikels:
• Leerlinge sing, dans en vermaak bejaardes
• ‘n Produksie met geen gelyke
