Editor's choiceLocal newsNews

[VIDEO] Moontlik die dorp se oudste word 102

Op die ouderdom van 'n 102 glimlag Tannie Sarie Steyn steeds breed.

Die mensies van die Luipaarsvlei Tehuis vir Bejaardes het verlede week bymekaar gekom om ‘n spesiale verjaarsdag te vier met die tehuis, en moontlik die dorp, se oudste inwoner.

Tannie Sarie Steyn se verjaarsdag was op 12 Maart saam met mede-inwoners, ‘n niggie, ‘n groot-niggie en haar jongste dogter wat 72-jaar-oud is, gevier.

Die geheim agter haar ouderdom is heel waarskynlik omdat sy ‘n groot deel van haar lewe as ‘n boervrou deurgebring het.

Op 'n 102 glimlag Tannie Sarie Steyn steeds breed.
Op ‘n 102 glimlag Tannie Sarie Steyn steeds breed.

Die verjaarsdagvieringe het begin met ‘n gelukwensing van Rachel Vuurman, ‘n plaaslike raadslid wat baie betrokke is by die tehuis.

Rachel het die geleentheid as ‘n voorreg beskryf en meen dat dit bewyse is dat die Here vir sy mense sorg.

Ria Wienand, haar niggie, het aan die News vertel dat Tannie Sarie as jong vrou gewild was onder die mans.

“Ek onthou toe ons jonger was hoe die outjies tou gestaan het om met haar uit te gaan.”

Sarie is as ‘n stoute, maar tog wonderlike mens beskryf deur haar niggies.

Dominee Anton Mieny het ook die geleentheid bygewoon en Tannie Sarie se lewe met die meetsnoere uit Psalms vergelyk.

“Die meetsnoere het in lieflike plekke vir Tannie Sarie geval,” het hy gesê terwyl hy Psalm 16 vir die inwoners lees.

Tannie Sarie was bederf met ‘n groot bos blomme, lekker-ruik goedjies en selfs ‘n bottel brandewyn.

Die tehuis het spesiaal 102 kolwyntjies vir die mylpaal verjaarsdag voorgesit.

Die inwoners het die oggend met lekker tradisionele verjaarsdagkoek, tee en goeie geselskap geniet.

Lees verder hier:

Brandewyn en tabak vir ‘n lang lewe, spot 100-jarige

96-jarige is self verras oor verjaardag

Oupa word 100 op Nuwejaarsdag

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button