Local newsNews

Haasbekkies en gryses word bederf

Solidariteit steek 'n hand van bederf uit na die gemeenskap se jonges en oues.

Dit was ‘n gesing en dans toe kleuters en bejaardes bymekaar gekom het vir ‘n spesiale bederf.

Solidariteit Helpened Hand het vanoggend, 15 Maart, ‘n spesiale bederf gereël vir die kleuters van Tjokkertjies vir Jesus en die bejaardes van die Emmanuel Tehuis.

Helpende Hand het oumas en oupas, wat liefde het om te gee, met behoeftige kleuters wat liefde nodig het, in aanraking met mekaar gebring.

Die jonges en oues het al te fraai saam gesels, prentjies ingekleur en smullekker pizza geëet.

Elenor Stemmet het die bejaardes en kleuters behoorlik op hulle voete gehad met geloofliedjies en ander kinderliedjies wat sy sommer vinnig-vinnig op die kitaar speel.

Die kleuters was behoorlik in hulle skik met die aankoms van Lampies die Leeu, wat saam met hulle gesing en dans het.

Na al die opwinding was die pizza bedien en die kleuters en bejaardes het aan tafel gesels en geëet.

Helpende Hand is gemotiveer om die weerloses te beskerm en wil daarom seker maak dat hulle ‘n vol en gelukkige lewe het deur onder meer interaksie met ander mense te hê. Baie bejaardes vereensaam, maar ‘n vriendelike kindergesiggie sal ‘n swaar hart gou weer opbeur. Dit is hoekom Helpende Hand die projek van stapel gestuur het.

“Hierdie is my hart se twee punte, kleuters en bejaardes. Dit is die tweede jaar wat ons hierdie geleentheid aanbied en is nie ‘n oomblik spyt daaroor nie. Wanneer ek sien hoeveel pret beide die bejaardes en kleuters het, will my hart by my borskas uitbars,” het Solidariteit se Streeksorganiseerder vir Gauteng-Suid, Adele Kruger, gesê.

Nog Solidariteit nuus:

Bederfdag vir oupa en ouma

‘n Helpende hand vir ouers

VIDEO: Reik ‘n helpende hand uit

Solidariteit vra: gee jou hand …

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button