Local newsNews

Van koerante na Bybels

Die Joernalis vir Jesus nooi 300 goedhartige mans uit om om Krugersdorp te stap.

Nes Gideon uit die Bybel, beplan Adriaan de Beer om met 300 mans die dorp om te loop.

Nadat Adriaan vir sowat 10 jaar as die redakteur van die Krugersdorp News gewerk het, het hy na talle profisieë sy lewensroeping gevolg.

“Die Here het gereeld vir my boodskappe gegee rakende my ware roeping. Na die agtste profesie het ek alles gelos en Hom gevolg.”

Hy het toe die Joernalis vir Jesus titel aangeneem en ten volle sy bediening begin.

In sy bediening, werk hy graag met gesinne wat sukkel met dwelms en bied vir hulle berading van enige aard sowel as rehabilitasie en bevryding aan.

Wanneer hy nie besig is om ander by te staan tydens moeilike tye nie, werk hy aan sy boek wat gebaseer is op ‘n ware verhaal uit Krugersdorp.

Die boek handel oor ‘n tienermeisie se stryd teen dwelms en haar moeilike omstandighede en hoe sy bo dit uitstyg.

Haar verhaal het hom inspireer om ‘n verandering in die dorp en wêreld te bring.

Hy het na antwoorde in die Bybel gesoek toe hy op die verhaal van Gideon en die Isrealiete in Rigters afkom het.

Dit is toe dat hy besef dit nie duisendes gaan vat om ‘n verskil te maak nie, maar net 301 mans wie se harte op die regte plek is.

Adriaan nooi die goedhartige mans van Krugersdorp uit om saam met hom om die dorp te stap. Die geleentheid word voorlopig vir 30 April beplan.

Die stap sal by Kudu Park in Rant-en-Dal afskop en vertrek na die Sterkfontein area deur Munsieville, Krugersdorp-Wes en Boltonia. Van Boltonia sal stappers na Kagiso stap deur die Leratong area en dan op Voortrekkerweg eindig oppad terug na Kudu Park.

Al wat Adriaan beplan om saam te vat op die stap is ‘n ramshoring, plakkaarte, waterbottels en 300 gewillige harte.

“Die doel van die stap is om mans bymekaar te kry wat sal opstaan vir hulle Godsdiens, gesin, gemeenskap en land. Ek beoog om die gemeenskap so om te keer. En die verandering begin by die pa’s wat die hoof van die huis is.”

Hy meen dat die land nie verval het weens die regering nie maar eerder as gevolg van ongeloof, apatie en pa’s wat opgegee het.

“Die gemeenskap vou omdat gesinne vou.”

Wil jy graag saam stap? Kontak vir Adriaan by journalist4jesus@gmail.com of by 078 838 9999 indien jy belangstel.

Verwante artikels:

• [VIDEO] ‘Ja, ek bedel vir dwelms’

• Sê nee vir dwelms

• [VIDEO] Documentary shows Kdorp’s sad decline into drug hell

• Marching against drugs and prostitution

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button