Local newsNews

Groot mynhoop gaan nie vir altyd bly

Dié hoop geskiedenis gaan oor 'n paar jaar dalk nie meer bestaan nie.

Hy onthou nog hoe hy in 1951 by die klaskamervenster uitgekyk het oor die hoop goud wat daar in die verte gelê het.

Só het De Waal Venter vir die News vertel van die dae toe die ikoniese mynhoop as die grootste mensgemaakte berg bekend gestaan het. Die gemeenskap ken vir De Waal as ‘n DA-raadslid en lid van die Mynbou Forum.

Die “berg” wat hom so uit die werk gehou het was toe al langer as 30 jaar so groot.

By die Mogale City Museum op soek na die geskiedenis van die mynhoop, het die News geleer dat die eerste goud in Krugersdorp in 1852 deur Pieter Jacob Marais en John Henry Davis ontdek is. Daarna het vier groot mynmaatskappye aan die Wes-Rand aan die werk gespring.

De Waal staan voor die deel van die mynhoop wat al weggery is.
De Waal staan voor die deel van die mynhoop wat al weggery is.

Die mynhoop wat vandag nog so trots bo die dorp uitstaan, was die gevolg van West Rand Consolidated Mines se mynbedrywighede. De Waal het verduidelik dat die hoop vandag byna geen goud bevat nie, maar dat ander hope aan die suidekant van die dorp wel nog het.

Die museum se assistentkurator, Christa Eksteen, het die News vertel dat die mynhoop nou sowat ‘n kwart van sy oorspronklike grootte is.

“Hulle ry nou die sand daar weg,” het sy gesê.

De Waal onthou nog hoe die koekepanne by die mynhoop opgetrek is en hoe die sand uitgegooi is.

“Dit maak my hartseer én bly om te weet die mynhoop word weggery. Ek glo dit is ‘n baken vir Krugersdorpers, maar die verminking van die omgewing kan dalk omgeswaai word,” het hy vertel.

“Ons moet as mens ‘n les leer. Ons moet weet dat natuurlike bronne nie onuitputbaar is nie.”

Só lyk die mynhoop van Monument af wanneer die son sak.
Só lyk die mynhoop van Monument af wanneer die son sak.

Die sand van die ikoniese mynhoop, soos sommige dit noem, word tans weggery en gebruik om onder meer bakstene te vervaardig. Daar is ‘n moontlikheid dat die hoop oor ‘n paar jaar nie meer daar sal staan nie.

“Daar was blykbaar ook ‘n tyd toe kinders op stukke karton teen die mynhoop afgegly het,” het De Waal gelag.

Hy het vertel dat mens vir seker nie in die sand sal wegsak as jy op die mynhoop loop nie, maar die sianied in die sand kan dalk jou vel irriteer. Dit ook nie duidelik of mens daar mag loop nie.

Hoe voel jy oor die moontlikheid dat die mynhoop eendag nie meer daar gaan wees nie? Lewer kommentaar onderaan.

Lees ook:

• David Fourie verfilm musiekvideo by mynhoop

• [VIDEO] Klaar gemyn, wat nou?

• Ruiters besoek dorp tydens Herdenkingsrit

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button