Ons almal wil graag in ’n goedversorgde omgewing saam met ons gesinne woon. Ons leer ons kinders van vroeg af om die Godgegewe skepping te respekteer en te bewaar.
DA wyksraadslid Annette Fourie bedank graag inwoners vir hul belangstelling en tyd om hulle area skoon te hou. “Kom ons maak dit ’n spanpoging,” het Annette gesê.
“Storting van bourommel, gemors ensovoorts is definitief nie ’n aanwins vir ons area nie. Vullis word gereeld ook in speelparke gestort.”
’n Ruk gelede het Janet van Rhyn en haar span op die middelman van Terenureweg in Kenmare rehabilitasie gedoen. Bome en struike is aangeplant en dit lyk pragtig. Dit is ‘n groot verbetering vir die area waar daar besighede en wonings in die baie besige straat is.
“Hiermee wil ek vir James van Rhyn bedank vir sy samewerking met my in Wyk 18. Die afgelope tyd het James, Saggaria, Piet en Shimmy ingespring en die area asook die hoek van Terenureweg en Frederick Cooperrylaan pragtig skoongemaak.
“Bome, struike en gras is ‘n groot bron van suurstof. Kom ons beskerm en bewaar dus oral waar ons kan.”
Verwante artikels:
Neglected paradise on our doorstep
Taxpayers are not amused by vandals
