Editor's choiceMunicipalNews

Sloot in stukke ‘na elke storm’

'n Plaaslike raadslid is bekommerd oor die sloot in Krugersdorp-Wes wat na elke storm skade beloop.

Raadslid Jakkie Naudé is bekommerd oor die toekoms van Krugersdorp-Wes se stormdrein infrastruktuur vandat die sloot wéér na die groot storm in Februarie skade beloop het.

“Na die groot storms wat die dorp onlangs getref het, is die sloot weer inmekaar,” vertel Naudé.

Na die dorp ‘n tweede vernietigende storm op 5 Februarie ervaar het, het die beton sloot in Krugersdorp-Wes stuk-vir-stuk gebreek en losgekom. Naudé vertel dat die sloot se mure afgebreek het en dat die grond onderaan heeltemal blootgestel was.

Die News het voorheen berig dat Krugersdorpers vermoed die skade wat die storm verrig het, vermy kon word as die stormdreinstelsels nie verstop of gebreek was nie.

“Ek baklei al van 2007 dat die munisipaliteit die sloot behoorlik herstel, want na elke groot reënval breek die mure,” het hy gesê.

Mogale City Plaaslike Munisipaliteit werkers is reeds besig om die sloot weer te herstel. Daar kan op ‘n daaglikse basis gesien word hoe munisipale werkers binne die sloot werk.

“Ek weet hulle is besig om dit te herstel, maar wat gaan gebeur na die volgende storm?”

Naudé meen hoe langer dit gaan vat om die sloot te herbou, hoe meer gaan dit die raad kos wanneer dit wel gedoen moet word.

Die News het Nkosana Zali, munisipale woordvoerder, genader vir kommentaar oor die herstelwerk, maar nog geen kommentaar is ontvang nie.

Verwant artikels:

Kind oorleef nadat hy meegesleur is

Kanaal en sy wal word herstel

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button