Paasfees pret in die park
Die kinders het hullr lippe en vingers afgelek na hulle smullekker waffels en roomys geniet het.
Kindertjies van die Burgershoop gemeenskap was verlede week bederf met ‘n spesiale Paaspartytjie aangebied deur die barmhartige lede van die Deo Gloria organisasie.
Die partytjie vir die minderbevoorregte kinders van die gemeenskap was op 24 Maart by die Burgershoop Gemeenskapsaal gehou.
Die kinders het op die springkastele baljaar met hul hare wat verskeie helder kleure gespuit was.
Hulle was behoorlik uit hulle kassies toe die Paashaas ‘n spesiale besoek kom aflê het.
Smullekker waffels en roomys het gesorg dat die kinders hul vingers en lippe aflek.
Vir middagete het elkeen ‘n boereworsrolletjie ontvang nadat hulle die speelgrond op horings geneem het.
Maar wat sou ‘n Paaspartytjie wees sonder ‘n Paaseier skattejag?
Die kinders het op en af beweeg opsoek na die weggesteekte eiers en lekkers.
Na die prettige oggend saam met die Deo Gloria-span was die kinders huistoe gestuur met ‘n bederfpakkie vol verskeie lekkers en springmielies.
“Die byeenkoms was eenvoudig net om die kinders van die gemeenskap te bederf en om hulle ‘n gelukkige Paastyding te wens,” het Maude Breet van Deo Gloria gesê.
Om na nog foto’s van die geleentheid te kyk, kliek hier.
Nog Deo Gloria nuus:
Deo Gloria vergeet nie van bejaardes
Sopkombuis ly verlies weens inbraak
Sopkombuis gee terug vir Mandela Dag
