Nories sê vaarwel aan geliefde hekwag
Oom Bokkie was 'n bekende gesig by Hoërskool Noordheuwel se hoofhek.
Marthinus Stemmet, oftewel oom Bokkie, is op 24 Maart vroegoggend in die ouderdom van 77 aan ‘n hartaanval oorlede.
Hy het vir 15 jaar as Hoërskool Noordheuwel se hoofhek-wag diens gedoen en word reeds deur skoolleerlinge en onderwysers gemis.
Op die skool se Facebook-blad is oom Bokkie geprys as iemand wat “altyd vriendelik en behulpsaam” was.
“Oom Bokkie was jare lank ‘n bekende gesig by die hoofhek. Ons innige meegevoel aan sy familie en vriende. Ons gaan oom mis,” het dit verder gelees.
Oom Bokkie se begrafnis het by die AGS-kerk Krugersdorp-Wes plaasgevind. Hy is in die Sterkfontein Begraafplaas ter ruste gelê.
Oom Bokkie laat sy lewensmaat, kinders, kleinkinders, familie en vriende agter.
Lees ook:
• Geliefde polisieman sterf na kankerstryd
• [VIDEO] Monnas onthou TT Cloete
