Hengelaar van die jaar is …
Die klub is beloon vir die jaar se hengelprestasies.
Toekennings vir die beste hengelaar en die grootse vis van die jaar is Saterdag (2 April) aan lede van die Wes-Rand Hengelklub gedoen.
Die klub het het wenners soos Marius Redelinghuys beloon vir hulle prestasies.
Marius het die trofee vir Hengelaar van die Jaar huis toe geneem. Hy het in Februarie nadat hy 20 kilogram vis gevang is, die hengelkompetisie by Ardenza langs die Vaaldam gewen. Die klub reël soortgelyke kompetisie reg deur die jaar.
Al 26 lede van die klub het met ‘n trofee weggestap en George Wheeler, die klub se voorsitter, het gesê hy is baie trots op die hengelaars. Hy het die lede by sy huis in West Village verwelkom waar daar ‘n vleisie gebraai is en gesellige verkeer is.

“Ons het voorheen die toekennings tydens ‘n amptelike prysuitdeling uitgedeel, maar die lede het gesê hulle verkies liewer die gemak van my huis,” het hy gesê.
Die klub gaan op 18 Junie weer viswaters toe en George het gesê gaste is beslis welkom.
Dié wat belangstel om by die familieklub aan te sluit, kan vir George by 082 829 8803 of 074 189 6977 kontak.
Hy kan ook per epos by wheeler@vodamail.co.za gekontak word.
Lees ook:
• Vaaldam se visse nie bang om hoek te vat op koue wintersdag
• Hengelstaatmakers ontvang toekennings
