Dié naweek in die dorp
'n Kykie na wat jy in die dorp kan doen dié naweek.

Môre is daar weer baie te doen in die dorp.
Jy kan besluit of jy jou lyf na boeremusiekklanke wil swaai, winskopies wil losslaan en of jy na nostalgiese digkuns wil luister.
Saterdagoggend van 10vm, maar wees al 9.30vm daar, gaan Estie Pienaar en Henry van Dyk ‘n oggendtee hou waar daar op sang en digkuns gefokus gaan word. Dit vind plaas in die Circa Reception Complex by die Hervormde Kerk in Tarlton. Die koste per persoon beloop R100 en sluit ‘n bordjie eetgoed, koffie en tee in. Kontak Maria by 084 606 2213, Hilda op 076 993 1299 of Aurora by 082 560 3028 vir nog inligting.
Later die dag, om 5nm, gaan die Wes-Rand Tradisionele Boeremusiekklub ‘n lekker boeredans hou waar egte tradisionele boeremusiek gemaak gaan word deur Piet Snyman, Frik Smit en nog ander musikante. Dit vind plaas in die Witpoortjie Ontspanningsentrum op die hoek van Suid- en Vermootenweg, Princess. Maak seker jy dra ietsie netjies en bring jou R50 toegangsfooi saam. Vir skoolgaande kinders is dit gratis. Bring jou eie mandjie met eet- en drinkgoed saam. Kontak Flip by 082 624 5308 vir meer besonderhede.
Die Wes-Randse Sakekamer en Toerisme hou ook elke Saterdag ‘n straatmark agter die Krugersdorpse stadsaal van 8vm tot 3nm. Jy kan beslis met ‘n paar winskopies daar wegstap. Kontak Dehlia of Corrie by 011 953 3727 as jy graag meer oor die stalletjies wil uitvind.
Lees ook:
• [PHOTOS] Awarded for growing the West Rand economy
• [VIDEO] Konsertina-en-kitaar-album maak opslae
